Inleiding
 
Goeie Dag. U het die Crop Circle Connector webwerf bereik. Hierdie webwerf
is letterlik die grootste en mees volledige graan sirkel werf op die
internet. Hier, sal u al die inligting kry wat u sal nodig he, insluitend
'n internasionale graan sirkel data-basis.
Die graan sirkels wat us sal sien as deel van hierdie webwerf is egte
gebeure wat plaas gevind het in graan velde oral oor die wereld, maar
hulle ooprsprong is steeds onbekend.
In die Engeland, vertel boere dat eenvoudige graan sirkels al vir
generasies op hulle land verskyn. Die Britse media het vir die eerste keer
in die vroeë 1980s oor die sirkels verslag gedoen. Teen 1990 het graan
sirkels die publieke oog getref, toe die nuwe verskynsel verander het van
eenvoudige sirkel patrone in groot, komplekse, geometriese formasies. Die
graan sirkels is 'n wereld-weye verskynsel en elke jaar is daar nuwe
berigte vanuit 'n ewig stygende aantal lande. Die meeste gebeure vind
egter plaas in Suiderlike Engeland, baie keer rondom pre-historiese plekke
soos Stonehenge, Avebury en Silbury Hill (die grootste mensgemaakte heuwel
in Europa).
Alhoewel daar menigte teorië bestaan om hierdie verskyning te verduidelik,
kon geen een nog voldoende verduidelik presies hoe die sirkels gemaak word
nie. Maar, miskien van die mees oortuigende bewyse kom in die vorm van
video matriaal wat klein, helder balletjies van wit lig in en rondom graan
sirkels wys. Baie van hierdie ligte is in helder daglig afgeneem, en die
voorwerpe lyk of hulle met intiligensie beweeg. Kan dit dui op 'n
moontlike skakel tussen hierdie balletjies van lig en die formasie van
graan sirkels ?
Wetenskaplike analiese is uitgevoer op plant monsters, wat geneem is van
die graan sirkels. Die werk wat gedoen is deur die Amerikaanse Biofisikus,
Dr William Levengood blyk voor te stel dat die een of ander mikrogolf
energie effek betrokke is by die proses waarby graan sirkels gemaak word.
Graan sirkel navorsers word toenemend gevra om kreatiewe en innoverende
denke te gebruik as deel van die ondersoek proses. Sommige van die huidige
navorsers gebruik meditasie, ligte en musikale klanke in 'm poging om nuwe
patrone in die velde te skep, aangesien daar waargeneem is dat daar
interaksie kan wees tussen die verskynsel en die menslike brein.
Wat graan sirkels ookal is, hulle verstom en inspireer mense van oral oor
die wereld. Vir diegene wat aktief betrokke is by die verskynsel, het dit
hulle lewens vir altyd verander en hulle besef al hoe meer dat ons in 'n
wereld lewe wat oneindig meer kompleks en geheimsinnig is as wat ons ooit
kon dink.
Hierde webwerf se doel is om vir u (die wereld) die heel nuutste en mees
omvattende graan sirkel nuus en inligting te bring, soos dit gebeur. Ons
gee vir u berigte oor die nuutste formasies met to gehalte fotos deur
sommige van die voorste navrosers en fotograwe.
Deur die maande April to laat Augustus verskyn die Britse graan sirkels in
die velde. Reg deur hierdie seisoen sal ons vir u die nuutste en
akuraatste inliging en fotos verskaf. Natuurlik vertrou ons ook up u om
alle inligting te rapporteer sodra dit gebeur, so dat ons ons data-basis
op hoogte kan hou. U kan u berigte, verslae en fotos vir ons hier by Crop
Circle Connector stuur.
Ons hoop dat hierdie webwerf vir u 'n oop venster sal wees vir hierdie
fassinerende, geheimsinnige verskynsel en dat dit 'n ontmoetings plek sal
wees waar graan sirkel entosiaste van ooral oor die wereld met mekaar kan
deel.
Thank you to Walluce Pinkham for the Translation.
SEE
CROP CIRCLES
|