Goeie Dag. U het die Crop Circle Connector webwerf bereik.
Hierdie webwerf is letterlik die grootste en mees volledige graan sirkel werf op
die internet. Hier, sal u al die inligting kry wat u sal nodig hê, insluitend 'n
internasionale graan sirkel data-basis.
Die graan sirkels wat u sal sien as deel van hierdie webwerf is egter gebeure
wat plaas gevind het in graan velde oral oor die wêreld, maar hulle oorsprong is
steeds onbekend.
In Engeland, vertel boere dat eenvoudige graan sirkels al vir generasies op
hulle land verskyn. Die Britse media het vir die eerste keer in die vroeë 1980's
oor die sirkels verslag gedoen. Teen 1990 het graan sirkels die publieke oog
getref, toe die nuwe verskynsel verander het van eenvoudige sirkel patrone in
groot, komplekse, geometriese formasies. Die graan sirkels is 'n wêreld-wye
verskynsel en elke jaar is daar nuwe berigte vanuit 'n ewig stygende aantal
lande. Die meeste gebeure vind egter plaas in Suiderlike Engeland, baie keer
rondom pre-historiese plekke soos Stonehenge, Avebury en Silbury Hill (die
grootste mensgemaakte heuwel in Europa).
Alhoewel daar menigte teorië bestaan om hierdie verskyning te verduidelik, kon
geen een nog voldoende verduidelik presies hoe die sirkels gemaak word nie. Maar,
miskien van die mees oortuigende bewyse kom in die vorm van video matriaal wat
klein, helder balletjies van wit lig in en rondom graan sirkels wys. Baie van
hierdie ligte is in helder daglig afgeneem, en die voorwerpe lyk of hulle met
intelegensie beweeg. Kan dit dui op 'n moontlike skakel tussen hierdie
balletjies van lig en die formasie van graan sirkels ?
Wetenskaplike analiese is uitgevoer op plant monsters, wat geneem is van die
graan sirkels. Die werk wat gedoen is deur die Amerikaanse Biofisikus, Dr
William Levengood blyk voor te stel dat die een of ander mikrogolf energie effek
betrokke is by die proses waarby graan sirkels gemaak word. Graan sirkel
navorsers word toenemend gevra om kreatiewe en innoverende denke te gebruik as
deel van die ondersoek proses. Sommige van die huidige navorsers gebruik
meditasie, ligte en musikale klanke in 'n poging om nuwe patrone in die velde te
skep, aangesien daar waargeneem is dat daar interaksie kan wees tussen die
verskynsel en die menslike brein.
Wat graan sirkels ookal is, hulle verstom en inspireer mense van oral oor die
wêreld. Vir diegene wat aktief betrokke is by die verskynsel, het dit hulle
lewens vir altyd verander en hulle besef al hoe meer dat ons in 'n wêreld lewe
wat oneindig meer kompleks en geheimsinnig is as wat ons ooit kon dink.
Hierdie webwerf se doel is om vir u (die wêreld) die heel nuutste en mees
omvattende graan sirkel nuus en inligting te bring, soos dit gebeur. Ons gee vir
u berigte oor die nuutste formasies met hoogs gehalte fotos deur sommige van die
voorste navorsers en fotograwe.
Deur die maande April to laat Augustus verskyn die Britse graan sirkels in die
velde. Reg deur hierdie seisoen sal ons vir u die nuutste en akuraatste inliging
en fotos verskaf. Natuurlik vertrou ons ook op u om alle inligting te rapporteer
sodra dit gebeur, so dat ons ons data-basis op hoogte kan hou. U kan u berigte,
verslae en fotos vir ons hier by Crop Circle Connector stuur.
Ons hoop dat hierdie webwerf vir u 'n oop venster sal wees vir hierdie
fassinerende, geheimsinnige verskynsel en dat dit 'n ontmoetings plek sal wees
waar graan sirkel entosiaste van ooral oor die wêreld met mekaar kan deel.
Thank you to Collien for the Translation.
SEE
CROP CIRCLES |